Het forum is gemigreerd

Let op: in juli 2026 hebben wij het forum gemigreerd naar nieuwe software.
Heeft u al een account? Klik dan eerst op "Wachtwoord vergeten" om een nieuw wachtwoord aan te vragen. Daarna kunt u weer inloggen.

Wilma Stockenström

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9009 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Geplaatst: 07 mrt 2009 10:14 am



Pretoria



Druk ek

die stofbereënde ruit

oop teen die lug se diep troupandblou

ontwar ek

tussen jakarandas se groen volstruisvere

vrouens

blij in die ander tyd

hul eerstelingpokkels in stootwaentjies

na die supermark en poskantoor stoot

so

loom tevrede

van meer wees as net self.



Slaap, my vet wit ruspetjie, slaap sag.

Die diender en die dominee hou oor jou die wag.

Daarbuite in die miershope wag die swart miertjies vir jou.

Lank, lank gelede was die miere ’n groot swart klad.

Nou woon hul wettig in hope reg rondom die stad.

Slaap rustig, mamma se ruspetjie, slaap sag.



Wilma Stockeström

Vir die bysiende leser

Human & Roussau 1970



Dettie
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9010 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Geplaatst: 07 mrt 2009 10:18 am



EK WANTROU WOORDE



Ek wantrou woorde, hulle wat met die heraldiek

van die digkuns gruwel omborduur

tot heldedade, in vierverdeelde kleure,

skel wapperend. Met woorde word die huis

van verraad behang. Met woorde die doodsvonnis

gevel. Veral twyfel ek

aan die pralende Woord verwring tot goue

ontploffings van barokaltare en aasvoëltogas,

die Woord wat die seën uitspreek oor sinisme.

Woorde vang my in ’n kou en ek klou

onderstebo aan die stafies soos ’n papegaai, protesterend

in klank en kleur, vloekryk, magteloos.

Woorde is rampe, rampe, rampe!

Wys my ’n woord, ene, wat nie kul nie.

Noem my ’n woord wat ek nie onmiddellik kaatsend

sal nasê in die afstande tussen my en die ander,

bollend toegerank met die doringdraad van woorde.

In die begin was die ontsnapping, en bly dit steeds.



Wilma Stockenström

Uit: Vir die bysiende leser,

Human en Roussau 1970





Dettie
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9011 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Geplaatst: 07 mrt 2009 10:27 am



Het gedicht 'Die loeries' - een loerie is bontgekleurde, papegaaiachtige vogel - handelt over een lichtzinnig gekoketteer met schoonheid.



vond ik op internet, het gedicht zelf kan ik niet vinden.





Van deze gedichten kan ik de Zuid Afrikaanse versie niet vinden.



* Paleontologie

* Die loeries

* Onontbeerlikst der kommoditeite, die poësie!

* De gruwel

* Scheppend

* Proefmens



dus als iemand die heeft dan heel graag hier plaatsen.



Dettie
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9012 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Geplaatst: 07 mrt 2009 11:48 am



Hier is er nog een..maar dat is het laatste wat ik heb van je rijtje.



Paleontologie



Per motor oor die ribbetjiemaer veld is jy naby.

Nader nog te voet, skoensole links regs op skalie,

aan 'n verleden waarmee jij meen jy het niks gemeen,

was dit niet dat jy lewe is en dit lewe was:

geschubde kloue hot haar op turf, deur stoom,

en hier en plek-plek die groen van gewasse,

waaierend krullend spoordraend wasagtig.

Dié plek, nou winddroog, nou brandend groot,

suisend van stilte, sodat jou stem klip word,

ontvang jou skrede van skoeisel, jou

beslaande afdruk, tweevoetig, jou kykstaan

net soos 'n meerkat oor wat op sy uiteinde

verklaar tot lug, ontvang jou omvattende kennis,

jou bukkende gegrou na sy verkliptheid

onder die dor en die ghaap*, jou kundige sif,

jou rekonstruksie en monteer met draad en klamp

van been by been van nog en van nog

geskubdes, gepantserdes, ontvang die operasie,

duld die droë keizersnee asof dit donga is.

Duld jou verrukking. Want diep en verdraagsaam

die sterfbedding en lydsaam aardse ontvangenis

en niks so onunieks soos die geboorte van 'n mens.





*Ghaap= soort vetplant met onwelriekende bloemen.



Leni





uit: Van vergetelheid en van glans.'1976
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9013 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Geplaatst: 07 mrt 2009 03:51 pm



Dankjewel leni!



Dettie
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Lees meer
17 jaren 3 maanden geleden #9014 door Dettie_3
Beantwoord door Dettie_3 in topic Re: bericht
Weet iemand ook in welke bundels



* Die loeries

* Onontbeerlikst der kommoditeite, die poësie!

* De gruwel

* Scheppend

* Proefmens



in het Zuid-Afrikaans staan? Dan kan ik proberen die op de kop te tikken.





Dettie
Laatst bewerkt doorDettie_3.

Graag Inloggen deelnemen aan het gesprek.

Tijd voor maken pagina: 0.577 seconden